5 x Hou aan Loop (Beskikbaar Nov 2020)

5 x Hou aan Loop (Beskikbaar Nov 2020)

Regular price R 500.00 Sale

Hou aan Loop!

Waar ons stap vir stap deur die laaste paar hoofstukke van Efesiërs, Filippense, Kolossense en 1 & 2 Tessalonisense stap. 

Dis my droom om die eerste vyf jaar van my lewe in die hemel by Paulus te gaan sit. Hy was ’n merkwaardige man hier op aarde. ’n Ou wat ’n graaf ’n graaf genoem het. Hy was nie goed om doekies om te draai nie. 

Duidelik vol van die Heilige Gees praat hy oor alles. Hy neem ons gewone Christene wat so sukkel om die regte pad te stap se hand en wys ons waar om te loop en waar om eerder om te draai. Soms sag. Soms reguit. Soms hard.

Die lewe is nie maklik daar buite nie. Ons kom by soveel kruispaaie. Elke dag! En ons weet nie altyd presies watter kant toe ons moet kies nie. Hou aan loop! wil jou help om beter in die wêreld te loop. Met God se Woord in vandag se woorde raak die keuses makliker. Die pad self is nie altyd makliker nie, maar ons weet mos dat ons beloning reeds op ons wag.

'n Boek vir oud en jonk, nuwe en ou Christene. Vir enige iemand wat saam met God deur die lewe wil stap!