Mooiloop
Mooiloop
Mooiloop

Mooiloop

Gewone prys R 275.00 Uitverkoping

Ek onthou nog daar op Wolwedans, toe ek een oggend net voor ses die deur agter my toetrek en besef dat ek nie een woord kan onthou wat ek kort vantevore uit die Bybel gelees het nie. Die volgende môre besluit ek om neer te skryf wat ek lees. En hier word die volgende boek al weer uitgegee.

Dit was 2012 toe ek begin het met Matteus, waar ek omtrent elke oggend ’n versie lees en dan daaroor skryf. Nee, nie met die leser in gedagte nie, maar net om dit wat ek lees vir myself verstaanbaar te maak. As die leser wil afkyk, is dit heel fine. As die lesers boonop ietsie kry wat hulle weer help om mooi deur die lewe te loop, is dit vir seker net genade!
Saamloop het stilgestaan by die vier Evangelies. Met Loop en Val het die eerste vier briewe van Paulus aan die woord gekom en in Hou aan Loop het ons verder geloop deur nog vier briewe van hom.

Hoe verskriklik lekker was dit nie om verder te loop deur die laaste briewe van Paulus nie. 1 & 2 Timoteus, Titus en Filemon het die lig vir Mooiloop laat opgaan.

Ek was eintlik spyt dat Paulus se briewe vir eers tot ’n einde geloop het, maar ek was so verras deur Hebreërs. Hier is ongelukkig nie genoeg spasie om Hebreërs klaar te maak nie, maar DV in die volgende boek, stap ons sy stap
ook klaar.

Ek is anders na die gelopery deur God se Woord. Dis my gebed dat dit jou ook anders sal laat loop. Dat jy mooi deur die lewe sal loop. Mag jy ander help om ook mooi te loop!