Mooiloop x3
Mooiloop x3
Mooiloop x3

Mooiloop x3

Gewone prys R 825.00 R 495.00 Uitverkoping

Ek onthou nog daar op Wolwedans, toe ek een oggend net voor ses die deur agter my toetrek en ek besef dat ek nie een woord kan onthou wat ek net vantevore uit Die Bybel gelees het nie. Die volgende môre besluit ek om neer te skryf wat ek lees. En hier word die volgende boek alweer uitgegee.


Hoe verskriklik lekker was dit nie om deur 1 & 2 Timoteus, Titus en Filemon vers vir vers te loop nie.


Ek was eintlik spyt dat Paulus se briewe vir eers tot ’n einde geloop het, maar ek was so verras deur Hebreërs. Hier is ongelukkig nie genoeg spasies om Hebreërs klaar te maak nie, maar DV in die volgende boek, stap ons sy stap ook klaar.


Mooiloop is geskik vir alle ouderdomme en kan gelees word deur individue en ook saam in Bybelstudiegroepe. As jy meer wil leer van God se Woord en hoe jy as Christen elke dag deur die lewe moet loop, dan is Mooiloop net die een vir jou!


Ek is anders na die gelopery deur God se Woord. Dis my gebed dat dit jou ook anders sal laat loop. Dat jy mooi deur die lewe sal loop. Mag jy ander help om ook mooi te loop!