
Die Nuwe Nuwe Testament, U Woord is my lewe, Saamloop en Loop en Val, Hou aan Loop
Regular price
R 1,050.00
R 650.00
U Woord is my lewe
Renata se liefde vir die Woord, die begeerte om God se planne vir haar lewe te ontdek en haar eie vrae en belewenisse oor geloof het daartoe gelei dat sy saam met haar man, Gerjo Ben, Kruispad247 internetbediening in 2012 tot stand gebring het. Hulle visie is om God se Woord in vandag se woorde uit te dra.
Saamloop
Wel, Gerjo Ben van der Merwe het pas so ‘n boek in jou hand laat beland. Hierdie boek is anders. Dit praat die taal van ons dag. Dit praat ook die taal van die Woord. Wat ‘n goeie kombinasie wat jou op elke bladsy gaan verras.
Loop en Val
Nou neem hy ons ʼn stappie verder op reis deur die boeke van die Nuwe Testament. Hy fokus op van broer Paulus se briewe. Gerjo Ben weet – soos elke christen – dat ons dikwels maar met val en opstaan vorentoe gaan. Paulus het dit ook geken toe hy skryf dat hy graag goeie dinge wil doen, maar homself betrap dat hy slegte dinge doen.
Hou aan Loop!
Die lewe is nie maklik daar buite nie. Ons kom by soveel kruispaaie. Elke dag! En ons weet nie altyd presies watter kant toe ons moet kies nie. Hou aan loop! wil jou help om beter in die wêreld te loop. Met God se Woord in vandag se woorde raak die keuses makliker. Die pad self is nie altyd makliker nie, maar ons weet mos dat ons beloning reeds op ons wag.