Loop en Val
Loop en Val
Loop en Val
Loop en Val

Loop en Val

Gewone prys R 200.00 R 100.00 Uitverkoping

Geloof word dikwels voorgestel as ʼn reis. Ons is op pad met Jesus Christus. Hy is die pad en Hy staan by die begin en by die eindbestemming. Ons is ook op pad saam met mede-christene. Ons reis ook saam met mense van geen geloof of ander geloofsoortuigings. Ons moet dikwels ons weg vind as dinge moeilik en deurmekaar lyk.

Die GPS van ons geloofsreis is die Bybel. In sy derde bundel, SAAMLOOP, het Gerjo Ben die vier evangelies laat praat in die taal en idioom van vandag. Dit het baie mense gehelp om die goeie nuus weer te “hoor”. Gerjo Ben het ʼn wonderlike gawe van die Heilige Gees om in alledaagse Afrikaans met ons te praat.   

Nou neem hy ons ʼn stappie verder op reis deur die boeke van die Nuwe Testament. Hy fokus op van broer Paulus se briewe.  Gerjo Ben weet – soos elke christen – dat ons dikwels maar met val en opstaan vorentoe gaan. Paulus het dit ook geken toe hy skryf dat hy graag goeie dinge wil doen, maar homself betrap dat hy slegte dinge doen.

Daarom is die grond van geloof nie ons godsdienstige prestasies nie. Dis genade om elke keer weer opgetel te word deur Jesus, die Een wat so dom lyk vir die slimgeit van die wêreld.

Vandaar die titel van hierdie bundel: LOOP EN VAL. Dis min dat ons grasieus lyk in ons geloofreis. Ons lyk meer soos dronkaards as ballerinas.  

As iemand wil spog, moet hy en sy in Christus spog.

Prof. Piet Naudé 

(Direkteur: Universiteit Stellenbosch Bestuurskool en man van God wat meer opstaan as val.)