Saamloop
Saamloop
Saamloop
Saamloop

Saamloop

Gewone prys R 200.00 R 200.00 Uitverkoping

Wat maak ‘n boek regtig leesbaar? Wat maak dat jy dit nie na ‘n rukkie wegpak op ‘n boekrak waar dit stof ophoop nie?

Sekerlik die inhoud. Goeie buiteblaaie en mooi verpakkings help dalk ook ‘n bietjie, maar op die ou end is dit die woorde, paragrawe en hoofstukke wat hierin verpak is wat jou moet meesleur op ‘n nuwe ontdekkingsreis. Dit moet in enige goeie boek gaan oor vars idees en uitdagende gedagtes wat jou kop en hart mesmeraais en uitdaag terwyl God se wêreld mooi en winkend voor jou oopgaan. Anders het jy jou tyd gemors.

Wel, Gerjo Ben van der Merwe het pas so ‘n boek in jou hand laat beland. Hierdie boek is anders. Dit praat die taal van ons dag. Dit praat ook die taal van die Woord. Wat ‘n goeie kombinasie wat jou op elke bladsy gaan verras.

Stephan Joubert (e-Kerk)