U Woord en ek
U Woord en ek
U Woord en ek
U Woord en ek

U Woord en ek

Gewone prys R 200.00 R 200.00 Uitverkoping

Dis maklik om te sê jy is ‘n kind van die Here wanneer jy kerk toe gaan en met medegelowiges kuier. Maar vir my lê die grootste geloofstoets daarin dat ons dit werklik leef. Elke dag - wanneer jou wysheid in terme van kinderopvoeding opgedroog het, in die raadsaal waar besigheidstransaksies beklink word en selfs wanneer jy deur ‘n verkeersbeampte afgetrek word wanneer jy te vinnig gery het. 

En dis persies waarmee U Woord en ek jou sal help. Renata het ‘n gawe om die Woord op ‘n praktiese manier te laat grondvat in ons alledaagse lewens. Die stukke is in lekker-lees Afrikaans geskryf en sy lei jou ook om te dink oor jou eie struikelblokke en hoe jy die uitdagings te bowe kan kom.

Ek ken Renata se hart en menswees. Sy deel haar omgee mildelik uit en sy het ‘n passie om te bly groei in haar verhouding met God. Vir my is sy ‘n verskilmaker by uitstek. En dis waarom ek glo dat hierdie boek jou lewe sal verryk en jou geloof sal verdiep.

Venessa Schoeman, Redakteur – FINESSE tydskrif