U Woord en ek & Loop en Val

U Woord en ek & Loop en Val

Regular price R 400.00 R 325.00 Sale

Dis maklik om te sê jy is ‘n kind van die Here wanneer jy kerk toe gaan en met medegelowiges kuier. Maar vir my lê die grootste geloofstoets daarin dat ons dit werklik leef. Elke dag - wanneer jou wysheid in terme van kinderopvoeding opgedroog het, in die raadsaal waar besigheidstransaksies beklink word en selfs wanneer jy deur ‘n verkeersbeampte afgetrek word wanneer jy te vinnig gery het. 

En dis persies waarmee U Woord en ek jou sal help. Renata het ‘n gawe om die Woord op ‘n praktiese manier te laat grondvat in ons alledaagse lewens. Die stukke is in lekker-lees Afrikaans geskryf en sy lei jou ook om te dink oor jou eie struikelblokke en hoe jy die uitdagings te bowe kan kom.

Loop en Val

Geloof word dikwels voorgestel as ʼn reis. Ons is op pad met Jesus Christus. Hy is die pad en Hy staan by die begin en by die eindbestemming. Ons is ook op pad saam met mede-christene. Ons reis ook saam met mense van geen geloof of ander geloofsoortuigings. Ons moet dikwels ons weg vind as dinge moeilik en deurmekaar lyk.

 

Daarom is die grond van geloof nie ons godsdienstige prestasies nie. Dis genade om elke keer weer opgetel te word deur Jesus, die Een wat so dom lyk vir die slimgeit van die wêreld.

Vandaar die titel van hierdie bundel: LOOP EN VAL. Dis min dat ons grasieus lyk in ons geloofreis. Ons lyk meer soos dronkaards as ballerinas.