U Woord en ek
Dis maklik om te sê jy is ‘n kind van die Here wanneer jy kerk toe gaan en met medegelowiges kuier. Maar vir my lê die grootste geloofstoets daarin dat ons dit werklik leef. Elke dag - wanneer jou wysheid in terme van kinderopvoeding opgedroog het, in die raadsaal waar besigheidstransaksies beklink word en selfs wanneer jy deur ‘n verkeersbeampte afgetrek word wanneer jy te vinnig gery het.
En dis persies waarmee U Woord en ek jou sal help. Renata het ‘n gawe om die Woord op ‘n praktiese manier te laat grondvat in ons alledaagse lewens. Die stukke is in lekker-lees Afrikaans geskryf en sy lei jou ook om te dink oor jou eie struikelblokke en hoe jy die uitdagings te bowe kan kom.
Loop en Val
Geloof word dikwels voorgestel as ʼn reis. Ons is op pad met Jesus Christus. Hy is die pad en Hy staan by die begin en by die eindbestemming. Ons is ook op pad saam met mede-christene. Ons reis ook saam met mense van geen geloof of ander geloofsoortuigings. Ons moet dikwels ons weg vind as dinge moeilik en deurmekaar lyk.
Daarom is die grond van geloof nie ons godsdienstige prestasies nie. Dis genade om elke keer weer opgetel te word deur Jesus, die Een wat so dom lyk vir die slimgeit van die wêreld.
Vandaar die titel van hierdie bundel: LOOP EN VAL. Dis min dat ons grasieus lyk in ons geloofreis. Ons lyk meer soos dronkaards as ballerinas.
Saamloop
Wat maak ‘n boek regtig leesbaar? Wat maak dat jy dit nie na ‘n rukkie wegpak op ‘n boekrak waar dit stof ophoop nie?
Sekerlik die inhoud. Goeie buiteblaaie en mooi verpakkings help dalk ook ‘n bietjie, maar op die ou end is dit die woorde, paragrawe en hoofstukke wat hierin verpak is wat jou moet meesleur op ‘n nuwe ontdekkingsreis. Dit moet in enige goeie boek gaan oor vars idees en uitdagende gedagtes wat jou kop en hart mesmeraais en uitdaag terwyl God se wêreld mooi en winkend voor jou oopgaan. Anders het jy jou tyd gemors.
Wel, Gerjo Ben van der Merwe het pas so ‘n boek in jou hand laat beland. Hierdie boek is anders. Dit praat die taal van ons dag. Dit praat ook die taal van die Woord. Wat ‘n goeie kombinasie wat jou op elke bladsy gaan verras.